Save
Notify Similar
R6,500,000

3 bedroom farm for sale in Klerksdorp Rural

3 Beds
2 Baths
21m²
Pool
“eksklusiewe 21.4ha Waterfrontplaas – Sonkrag, Waterregte En 10 Erf-goedkeurings!

Hierdie 260-meter waterfronteiendom is volledig onafhanklik van Eskom en word voorsien deur ’n 30 kW sonkragstelsel. Die 21.4 hektaar is toegerus met twee toringspilpunte, ’n volledig ingerigte pompstasie, en draglines saam met 3.5 ha permanente handline. Daar is 20 hektaar waterregte vir besproeiing uit die Johan Neser-dam (Klerksdorpdam).

Alle plaastoerusting en implemente is INGESLUIT in die verkoop.

Daar is ook munisipale goedkeuring vir 10 deeltitel-erwe op die dam-oewer, elk ongeveer 1000 m2 groot.

Vir veeboerdery is daar beeshanteringsfasiliteite met ’n skaal, ’n laaibank, asook ’n voerkraal met kapasiteit vir 250 kalwers. Die stoorgeriewe sluit ’n toe stoor van 20 x 22 m, sowel as verskeie kleiner store in. Daar is twee werkershuise, twee toegeruste boorgate, en vier perdestalle.

Die hoofhuis beslaan 352 m2 en is ’n ruim drie-slaapkamer dubbelverdiepinghuis met ingeboude kaste en volledig geteël. Dit bied ’n pragtige uitsig oor die dam, ’n groot stoep, en twee volledige badkamers met gasgeysers. Die kombuis is ruim, met ’n gasstoof, ingeboude kaste en ’n aangrensende spens. Verder is daar ’n ingangsportaal, eetkamer, groot sitkamer en ’n kroeg-/kuierarea wat na die swembad lei.

‘n Tweede woning bestaan uit drie slaapkamers, een volledige badkamer met ’n gasgeiser, volledig teëlvloere, en ’n oopplan kombuis en sitkamer.

Die onderdak-braaiarea sluit aan by die 100 000 liter swembad, wat ook ’n aantrekkamer het. Daar is ’n aparte waskamer en ’n afdak vir vier voertuie.

Die tuin het volledige tuinbesproeiing, ’n groentetuin met besproeiing, ’n 100 000 liter eendedam, asook verskeie buitegeboue.

Die eiendom is ten volle omhein met precast walling.

Property Type
Farm
Bedrooms
3
Bathrooms
2
Stand Size
21m²
Living Area
1
Pool
Yes
Reference
RL6179
Property history
Listed for sale at R6,500,000
28 Nov 2025
Get to know Klerksdorp
The greater city area of Klerksdorp incorporates the towns of Orkney, Kanana, Stilfontein, Khuma, Hartbeesfontein, and Tigane, giving it a population of more than 350,000 inhabitants.
By clicking on "contact" you agree to our privacy policy
Contact Agent
What will my move cost?
Calculate your moving costs to Klerksdorp Rural with the help of our moving partners.
Get quotes
Moving powered by
Property questions?
Get quick answers about buying, selling, renting, and more from our AI powered real estate bot