Ek is die afgelope 30 jaar ’n boer in die Fraserburg-distrik in die Noord-Kaap. Die Groot Karoo se stilte, ooptes, eindelose vlaktes en sterreprag word deel van jou siel met tyd — en vir my is dit ’n manier van leef. Om te boer is in my bloed, en met my jarelange ondervinding in landbou en plase is dit vir my ’n voorreg en idiaal om deel te wees van die Home & Hectare-span.
Vir die afgelope 20 jaar bedryf ek ook ’n slaghuis in Fraserburg, iets wat ek baie geniet omdat dit my daagliks in aanraking bring met mense van alle agtergronde. Ek het ’n groot hart vir mense, en dit is vir my belangrik om hulle te help om hul drome te verwesenlik — of dit nou ’n plaas, ’n huis, ’n erf of ’n besigheidsperseel is. Home & Hectare bied vir my die perfekte platform om elke persoon met sy unieke eiendomsbehoeftes by te staan.
Eerlikheid en integriteit het my ver gebring in my loopbaan, en ek bou met trots daarop voort.
My lewensmotto bly: “If you love what you do, you will never work another day in your life.”