Hierdie pragtige 1567.8819 ha plaas, geleë sowat 45 km buite Cradock, strek oor 1 567 ha en bied ’n ideale kombinasie van produksie, water en infrastruktuur!
Soetveld weiding: Die plaas is verdeel in 8 goedversorgde kampe, elk met sy eie waterpunt.
Betroubare water: 5 boorgate (3 met windpompe & 2 met dompelpompe), asook ’n groot keerwal in die rivier wat volop water opvang.
Besproeiingspotensiaal: Reeds 20 ha lusern en aangeplante weiding onder wildsheining. Goeie uitbreidingspotensiaal vir verdere besproeiing.
Veeboerdery-gereed:Uitstekende skaapplaas met net soveel waarde vir beesboerdery. Goeie krale en laaibank vergemaklik hantering van vee. Drade in baie goeie toestand.
Infrastruktuur:
Hierdie plaas bied die ideale balans tussen beproefde veeboerdery en toekomstige ontwikkelingspotensiaal.
’n Skaars geleentheid om ’n gevestigde, water-ryke plaas in die Cradock-distrik te besit.