Rolstoel vriendelike eenheid geleë in 'n hoek op die 3e vloer met vriendelike bure. U kan die hysbak gebruik tot op die 3e vloer.
Die woonstel bied:
2 slaapkamers met ingeboude kaste
1 badkamer met handreelings
Oopplan-kombuis met kaste, plek vir 'n enkel yskas.
Oopplan sitkamer met balkon
Motorafdak
Besoekers parkering
Die aftreeoord bied:
Voorsiening vir verswakte sorg, Nood verpleeg fasiliteite, Alzheimer-bystand, 'n paniekknoppie, 'n kliniek en dokterskamers, Eetsaal, Biblioteek, Haarsalon, Bus vervoer na die winkels, Kerkdiens en Bybelstudie, Wasgoeddiens, 'n Snoepie en 'n
Nuusbrief
Aktiwiteite by die oord:
Pretdraf, handgemaakte en vars produkte mark, Kuns en kunsvlyt, Rummicub, Bingo en Jukskei, Kooroefeninge, fiksheid en spierkondisionering oefengroep.
Voordat jy toegelaat sal word om in hierdie aftreeoord te bly, sal die Landgoedmatrone besoek moet word vir 'n gesondheidsondersoek.
Om die oord in so 'n goed versorgde toestand te hou, is daar 'n 2% inkoop heffing.
Die Twee Riviere Aftreeoord het 24 uur toegangsbeheer, wagte en 'n waghuis en is geleë naby hoofroetes, winkelsentrums, dokters en die Netcare Montana Hospitaal.
Kontak my gerus vir meer inligting of om 'n besigtiging van hierdie lieflike aftree-woonstel te reël.