R9,950
per month

2 bedroom house to rent in Kleinfontein Ah

28 Troupandlaan, Kleinfontein Afrikaner Kultuurdorp
2 Beds
1 Bath
1 Garage
150m²
500m²
Pragtige 2-slaapkamer Huis Met 'n Asemrowende Uitsig Te Huur In Kleinfontein Net Buite Pretoria

Is jy moeg vir die lewe in die Stad? Kom bly in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.

Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.

Hierdie pragtige woning wat geleë is in die baie gesogte Troupandlaan in Kleinfontein bied die volgende: asemrowende uitsig, 2-slaapkamers, 1.5 badkamers, 2 X leefareas, 'n pragtige tuin met 1 X 5,000 liter water tenk, 'n sonkrag-batterystelsel (5KVA) en 1 X motorhuis.

Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.

Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema.

Volgens Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika.

In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit.

Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”

MEER INFORMASIE OOR AANDELEBLOKSKEMAS (WIKIPEDIA)

Wat is ‘n Aandeleblokskema?

'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika.

In 'n aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit.

Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.

Geskiedenis:

Aandeleblokskemas is in die 1970s en 1980s ontwikkel en is gereguleer met die Wet op die Beheer van Aandeleblokskemas, wet 59 van 1980.

Die doel is om die ontwikkeling van gedeelde eiendom te vergemaklik, aangesien die ontwikkeling van gedeelde eiendom in 'n deeltitelskema moeiliker was.

Voordele van 'n aandeleblokskema:

Aandeleblokskemas word veral gebruik om die eienaarskap van woonstelle in woonstelblokke te reël.

Soms word aandeleblokskemas ook gebruik om die eienaarskap van landgoedere, privaat dorpe of sekuriteitskomplekse te reël.

Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.

Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein.

Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.

Kom kuier gerus vir ons in Kleinfontein!

Property Type
House
Bedrooms
2
Bathrooms
1
Stand Size
500m²
Building Size
150m²
Garages
1
Available From
08 Jul 2025
Reference
2398602
Address
28 Troupandlaan
Property history
Listed to rent at R9,950
08 Jul 2025
Get to know Pretoria
Situated in the Northern part of Gauteng, Pretoria offers residents a melting pot of culture, tradition, history and first world commerce.
By clicking on "contact" you agree to our privacy policy
Contact Agent
What will my home insurance cost?
Get an instant contents insurance quote for this 2 bedroom property in Kleinfontein Ah
Get my price
Cover powered by
Authorised FSP
What will my move cost?
Calculate your moving costs to Kleinfontein Ah with the help of our moving partners.
Get quotes
Moving powered by
Property questions?
Get quick answers about buying, selling, renting, and more from our AI powered real estate bot