R2,750,000

4 bedroom house for sale in Kleinfontein Ah

1 Rooihartbees, Kleinfontein Afrikaner Kultuurdorp
4 Beds
3 Baths
2 Garages
300m²
780m²
Pets Allowed
Pragtige 4-slaapkamer Huis Te Koop In Die Gesogte Wildpark In Kleinfontein Net Buite Pretoria-oos.

Is jy moeg vir die lewe in die Stad? Kom bly in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.

Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.

Hierdie pragtige woning wat geleë is in die baie gesogte Wildpark in Kleinfontein bied die volgende: 4-slaapkamers, 3 X badkamers, 2 X leefareas, 2 X kuierstoepe, ingeboude braai asook 'n onthaal-area buite met 'n ingerigte braai, "Dover" stoof vir lekker warm wintersaande, netjiese kombuis met 'n ingeboude spens, 'n pragtige tuin met 2 X 5,000 liter water tenks, 'n sonkrag-batterystelsel (5KVA) en 2 X motorhuise.

Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.

Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema.

Volgens Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika.

In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit.

Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”

Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.

Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.

Kom kuier gerus vir ons in Kleinfontein!

Property Type
House
Bedrooms
4
Bathrooms
3
Stand Size
780m²
Building Size
300m²
Garages
2
Levy
R3,200
Pets Allowed
Yes
Backup Water Supply
Yes
Available From
05 May 2025
Reference
2383900
Bathroom
, ,
Address
1 Rooihartbees
Property history
Listed for sale at R2,750,000
05 May 2025
Get to know Pretoria
Situated in the Northern part of Gauteng, Pretoria offers residents a melting pot of culture, tradition, history and first world commerce.
By clicking on "contact" you agree to our privacy policy
Contact Agent
MP home loans expert Michael-Anne
Get expert home loan assistance with Michael-Anne
Ask me a question
What will my building insurance cost?
Get an instant building insurance quote for this 4 bedroom property in Kleinfontein Ah
Get my price
Cover powered by
Authorised FSP
What will my move cost?
Calculate your moving costs to Kleinfontein Ah with the help of our moving partners.
Get quotes
Moving powered by
Property questions?
Get quick answers about buying, selling, renting, and more from our AI powered real estate bot