Save
Notify Similar
R1,695,000

4 bedroom house for sale in Burgersdorp Central

4 Beds
3 Baths
3,557m²
Pool
Pets Allowed
Netjiese Woonhuis Te Koop In Burgersdorp, Oos-kaap - Ideaal Vir Familie Of Gastehuis

Hierdie ruim eiendom, gelee in n rustige woonbuurt van Burgersdorp, bied n perfekte mengsel van styl, gerief en potensiaal. Die huis is pragtig afgewerk met houtvloere en bied die volgende geriewe:

Hoofhuis:

4 Slaapkamers - waarvan hoofslaapkamer n en suite badkamer het.

3 Badkamers - insluitend een en suite

Verhittingspanele in slaapkamers en kombuis vir koue winters.

Ruim leefareas - Oopplan eet- en woonkamer met n knus kaggel in die eetkamer en 'n skoorsteen in die sitkamer vir 'n koolstoof.

Studeerhoekie vir rustige werktye

Goed toegeruste kombuis met 'n gasstoof (6 plate), groot elektriese oond en 'n waskamer en spens aan die kombuis verbind

Ekstra geriewe:

Buitewoonstel met 2 slaapkamers en n badkamer - ideaal vir verhuring of as n gaste-eenheid

Dubbelmotorhuis met ekstra afdakke vir twee voertuie

Elektriese hek vir ekstra veiligheid

Goedversorgde tuin met drie terras-grasperke, n groot area vir groente en 34 vrugtebome

Boorgat met sterk water en n dompelpomp wat al die water vir die huis en tuin voorsien

Swemdam en buitebraai-area vir gesellige kuiers

Buitegeboue:

Stoorplek vir tuingereedskap en n bediendekamer met stort en toilet

Nog n kleiner buitegebou met twee kamers en motortoegang

Hierdie eiendom bied eindelose moontlikhede - ideaal vir n familie wat spasie en gerief verlang, of as 'n potensiele gastehuis met sy ruim uitleg en ekstra verblyfopsies.

Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie - n ware juweel in die hart van Burgersdorp!

Property Type
House
Bedrooms
4
Bathrooms
3
Stand Size
3,557m²
Living Area
1
Study
1
Pool
Yes
Staff Rooms
Yes
Pets Allowed
Yes
Reference
RL5670
Property history
Listed for sale at R1,695,000
09 Oct 2024
By clicking on "contact" you agree to our privacy policy
Contact Agent
MP home loans expert Michael-Anne
Get expert home loan assistance with Michael-Anne
Ask me a question
What will my building insurance cost?
Get an instant building insurance quote for this 4 bedroom property in Burgersdorp Central
Get my price
Cover powered by
Authorised FSP
What will my move cost?
Calculate your moving costs to Burgersdorp Central with the help of our moving partners.
Get quotes
Moving powered by
Property questions?
Get quick answers about buying, selling, renting, and more from our AI powered real estate bot