House for sale
Geniet landelike rustigheid in Kleinfontein bo-op die Magaliesberg met panoramiese uitsigte, privaat voor- en agtertuintjie, ideaal vir enkel- of paartjielewe, 1 slaapkamer, 1.5 badkamer, motorhuis.
Is jy moeg vir die lewe in die Stad? Kom bly in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.
Hierdie pragtige woning wat geleë is in die baie gesogte Bokmakierie Straat in Kleinfontein bied die volgende: 1 X slaapkamer, 1 X badkamer, 1 X oopplan leefarea, 'n klein tuintjie voor en agter, 1 X toesluitmotorhuis en 1 X afdak.
Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema.
Volgens Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika.
In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit.
Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”
MEER INFORMASIE OOR AANDELEBLOKSKEMAS (WIKIPEDIA)
Wat is ‘n Aandeleblokskema?
'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika.
In 'n aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit.
Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.
Geskiedenis:
Aandeleblokskemas is in die 1970s en 1980s ontwikkel en is gereguleer met die Wet op die Beheer van Aandeleblokskemas, wet 59 van 1980.
Die doel is om die ontwikkeling van gedeelde eiendom te vergemaklik, aangesien die ontwikkeling van gedeelde eiendom in 'n deeltitelskema moeiliker was.
Voordele van 'n aandeleblokskema:
Aandeleblokskemas word veral gebruik om die eienaarskap van woonstelle in woonstelblokke te reël.
Soms word aandeleblokskemas ook gebruik om die eienaarskap van landgoedere, privaat dorpe of sekuriteitskomplekse te reël.
Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein.
Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.
Kom kuier gerus vir ons in Kleinfontein!
Listed for sale at R600,000
How does this home’s price compare with similar properties?
Price comparison based on 12 similar-sized studio–2 bed homes.
Insight
Priced 31% below the local median - and below the typical range across Pretoria.
Compared with 12 similar active listings across Pretoria.
The lower price may partly reflect the smaller floor size. Benchmarked on town-level data where the suburb sample is limited. Premium pockets may trade above town averages - check with the agent for local guidance.
MyProperty Insights are based on current active listings (excludes sold data) and may change. This is not a valuation or appraisal.
Kleinfontein AH offers a peaceful, community-focused rural lifestyle with spacious properties while remaining within convenient driving distance of Pretoria's urban amenities.