House for sale
Tranquil Bosveld living in Kammaland estate with roaming wildlife and communal pool; welcoming veranda for family gatherings, 6 solar panels with battery, three beds, two baths, three covered parking.
3-Slaapkamer 2 badkamer Bosveldwoning in Kammaland – Aandele-eienaarskap
Hierdie netjiese 3-slaapkamer, 2-badkamer woning in die rustige Kammaland-landgoed bied die ideale balans tussen gesinslewe en gemaklike afskaal.
Die ontwikkeling bestaan uit slegs 38 huise en is veilig omhein met ’n geoutomatiseerde toegangshek. Inwoners en hul besoekers kan ook gebruik maak van ’n gesamentlike swembad – perfek vir sorgelose kuiertyd. Die natuurlike omgewing is besonders aantreklik, met njalas wat gereeld langs die heining beweeg en rooibokkies wat op die grasperke kom kuier.
Jy betree die woning by die voordeur direk in die sitkamer – knus maar voldoende. Reg voor jou is ’n slaapkamer met ingeboude kaste en ’n en-suite badkamer.
Links vanaf die sitkamer lei ’n gang na die res van die huis. Aan die regterkant van die gang is die ruim kombuis, terwyl daar aan die linkerkant nog twee slaapkamers is. Aan die einde van die gang is ’n tweede badkamer wat hierdie kamers bedien.
Die kombuis is ruim en prakties uitgelê en vloei uit na ’n gesellige kuierstoep waar ure se kwaliteit familietyd geniet kan word – ’n ideale spasie vir ontspan en onthaal.
Die woning is groot genoeg vir ’n gesin, maar ook perfek geskik vir diegene wat wil afskaal sonder om te veel ruimte prys te gee.
Bykomende kenmerke sluit in:
Hierdie eiendom bied ’n rustige Bosveld-leefstyl met praktiese geriewe en natuurlike skoonheid – ’n uitstekende geleentheid vir die Bosveld- en natuur liefhebber.
SLEGS KONTANT KOPERS
Vrywaring:
Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Listed for sale at R780,000
How does this home’s price compare with similar properties?
Insight
Priced 41% below the local median - and below the typical range in Mookgopong Central.
Compared with 16 2–4 bed homes (17 listings) in Mookgopong Central.
It's priced below similar homes, which may reflect condition, position or finishes.
MyProperty Insights are based on current active listings (excludes sold data) and may change. This is not a valuation or appraisal.
Mookgopong Central offers a peaceful, small-town lifestyle in the heart of the Limpopo bushveld, ideal for residents seeking a quiet community with easy access to essential services and natural surroundings.