Geniet 'n sorgelose aftree-leefstyl in Die Oog Aftree Landgoed, met 'n lapa met ingeboude braai, ruim loft, 2 slaapkamers, 2 badkamers en 2 karparkeerplekke.
EKSKLUSIEWE MANDAAT – 2 SLAAPKAMER, (1 RUIM LOFT KAMER), 2 BADKAMERS (1 EN-SUITE) MET LAPA EN AFDAK
Hierdie besonder netjiese en goed versorgde eenheid in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed bied ’n ideale kombinasie van gerief, voldoende ruimte en ’n rustige leefstyl.
Met ingang by die voordeur word jy verwelkom deur ’n ruim sitkamer aan jou linkerkant. Hierdie uitnodigende leefarea vloei uit na die gerieflike lapa, wat direk vanaf die sitkamer toeganklik is – perfek vir ontspan en onthaal. Die lapa beskik oor ’n netjiese ingeboude braai wat smaakvol weggesteek is agter pragtige houtafwerking. Vanuit die lapa is daar ook toegang tot die spaarkamer via die skuifdeur, wat ekstra gemak en privaatheid bied.
Reg voor jou vanaf die voordeur is ’n ruim middelvertrek met addisionele ingeboude kaste, wat uitstekende stoorplek bied. Hier vind jy ook die netjiese houttrappe wat na die ekstra groot loft kamer lei – ’n veelsydige ruimte wat ideaal is as ’n tweede slaapkamer met ingeboude kaste.
Aan die regterkant by die voordeur is ’n badkamer gerieflik geleë. Die kombuis vorm deel van die sentrale leefarea en is funksioneel ingerig vir alledaagse gebruik. Vanuit hierdie area lei ’n enkeldeur na die hoofslaapkamer, wat privaat en gerieflik geplaas is.
Die binnehofgedeelte is volledig geplavei, wat dit ideaal maak vir ’n “lock-up-and-go” leefstyl met minimale instandhouding. Buite die voordeur is daar ’n netjiese tuintjie en grasperk wat bydra tot die rustige atmosfeer van die eiendom.
Hierdie huisie is uiters netjies en goed onderhou – die nuwe eienaar kan eenvoudig intrek en dit omskep in ’n warm woning waar nuwe herinneringe geskep word en ’n aktiewe leefstyl geniet kan word.
Skakel my om ’n besigtiging te reël!
Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Listed for sale at R825,000
How does this home’s price compare with similar properties?
Price comparison based on 5 similar-sized 2-bed homes.
Insight
Priced 13% below the local median - but still inside the typical range in Mookgopong Central.
Compared with 5 similar active listings in Mookgopong Central.
It is lower per m² than typical, which helps explain where it sits in the range.
MyProperty Insights are based on current active listings (excludes sold data) and may change. This is not a valuation or appraisal.
Mookgopong Central offers a peaceful, small-town lifestyle in the heart of the Limpopo bushveld, ideal for residents seeking a quiet community with easy access to essential services and natural surroundings.