House for sale
Die Perfekte 2 slaapkamer 1 badkamer grasdak eenheid perfek geleë
Geniet aktiewe aftrede in Die Oog Aftree Landgoed met ’n privaat tuin omhein deur ’n muur en lapa met ingeboude braai — twee slaapkamers, een badkamer en twee karporte.
EKSKLUSIEWE MANDAAT- 2 SLAAPKAMER, 1 BADKAMER GRASDAK MET RUIM TUIN EN PERFEKTE LIGGING
Hierdie besonder netjiese en goed geleë eenheid in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed bied ’n unieke kombinasie van gerief, ruimte en rustige leefstyl. Die grootste bate van hierdie eiendom is ongetwyfeld sy uitstekende ligging naby al die landgoed se geriewe, tesame met ’n ruim, privaat erf en tuintjie – groter as die meeste eenhede in die landgoed.
By aankoms stap jy vanaf die enkel afdak deur die tuinhekkie die eiendom binne. Die ruim tuintjie, netjies omhein met ’n muur, skep onmiddellik ’n gevoel van privaatheid en rustigheid. Soos jy na die voordeur beweeg, is die lapa aan jou linkerkant geleë.
Met ingang by die voordeur vind jy links die sitkamer – ’n ruim en uitnodigende leefarea wat gemaklike daaglikse leef moontlik maak. ’n Skuifdeur lei vanuit die sitkamer direk na die lapa, wat naatloos met die huis verbind is. Hierdie buiteleefruimte beskik oor ’n ingeboude braai en ’n klein stoorkamer, met die braai netjies weggesteek agter pragtige houtafwerking – ideaal vir onthaal in styl.
Feitlik reg voor jou vanaf die voordeur is die hoofslaapkamer, wat spog met ’n volle muur van ingeboude kaste. Die venster kyk uit op die tuin en bring ’n rustige, natuurlike gevoel na die vertrek.
Aan die regterkant van die woning strek ’n lang kombuisarea met stylvolle granietblaaie – prakties en funksioneel ingerig. Verder regs is ’n tweede, kleiner kamer wat perfek aangewend kan word as ’n kantoor of ekstra slaapkamer.
Die badkamer is aan die linkerkant, aangrensend tot die kombuis, en is toegerus met ’n ruim stort, toilet en wasbak.
Die Oog Aftree Landgoed staan bekend vir sy leuse van “aktiewe aftrede”, en met hierdie eiendom is al die geriewe gerieflik net oorkant die pad geleë. Die privaat tuintjie bied ’n rustige atmosfeer en volop ruimte vir die tuinliefhebber om na hartelus te plant en te geniet.
Eiendomme met hierdie tipe ruim tuin is skaars in die landgoed – ’n werklike juweel wat nie misgeloop moet word nie.
Skakel my vandag nog om ’n besigtiging te reël!
Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Property history
Listed for sale at R825,000
Smart property insights
How does this home’s price compare with similar properties?
Price comparison based on 6 similar-sized 1–3 bed homes (wider size range).
Insight
Priced 24% below the local median - and below the typical range across Mookgopong.
Compared with 6 similar active listings across Mookgopong.
The lower price may partly reflect the smaller floor size. Benchmarked on town-level data where the suburb sample is limited. Premium pockets may trade above town averages - check with the agent for local guidance.
Around R1.3M typical in Mookgopong Central (small sample of 4).
MyProperty Insights are based on current active listings (excludes sold data) and may change. This is not a valuation or appraisal.
What will my building insurance cost?
Get an instant building insurance quote for this 2 bedroom property in Mookgopong Central
Get my priceWhat will my move cost?
Calculate your moving costs to Mookgopong Central with the help of our moving partners.
Get quotes