Geniet rustige dorpslewe in Burgersdorp teen die koppie, sentraal geleë, met ’n vrugbare tuin vol vye en ’n groot appelkoosboom, lapa en dubbelmotorhuis; vyf slaapkamers.
Hierdie lieflike, ruim 4-slaapkamer woning in Burgersdorp is nou beskikbaar en bied ’n rustige leefstyl teen die koppie, waar stilte en privaatheid deel van jou alledaagse lewe word.
Die huis beskik oor 2 badkamers, ’n ruim kombuis met genoegsame kaste en plek vir elektriese toebehore, asook ’n sitkamer wat na die eetkamer lei en TV-kamer – ideaal vir gemaklike gesinslewe en lekker vloei.
Die tuin is ’n ware hoogtepunt met heerlike vye bome en ’n groot appelkoosboom wat die lekkerste vrugte dra – perfek vir diegene wat die buitelewe en ’n tikkie selfversorging geniet.
Buite vind jy ’n dubbelmotorhuis en ’n lapa, ideaal vir ontspanning en kuier saam met familie en vriende. Daar is n 5de buitekamer met badkamer wat ekstra akkommodasie vir familie, gaste of huishulp bied.
Verder is die eiendom sentraal geleë, naby aan basies alles in die dorp, wat dit gerieflik maak vir daaglikse benodigdhede.
’n Uitstekende geleentheid om ’n ruim, goed geleë eiendom met ekstra moontlikhede in Burgersdorp te besit.
Listed for sale at R1,700,000
Burgersdorp Central offers a tranquil, small-town living experience with access to essential amenities and a strong sense of community, making it ideal for those seeking a peaceful residential environment.
* Distances and amenities are approximate.