Geniet gesinslewe op 'n groot erf in Burgersdorp met ruimte vir speel en uitbreiding; huis bied 'n binne-braaiarea met kroeg en wynrak, drie slaapkamers, 1.5 badkamers, twee motorhuise.
Hierdie ruim en netjiese familiehuis is ideaal geleë in Burgersdorp en bied uitstekende waarde sowel as potensiaal vir verdere ontwikkeling.
Die woning beskik oor 3 slaapkamers met ingeboude kaste, 2 gerieflike sitkamers en ‘n eetkamer wat ideaal is vir familiebyeenkomste.
Die ruim kombuis word aangevul deur ‘n aparte opwas area, wat praktiese daaglikse gebruik vergemaklik.
Vir onthaal bied die huis ‘n binne braai-area met kroeg en wynrak – perfek vir gesellige kuieraande.
Die groot erf bied volop ruimte vir kinders en troeteldiere, asook die potensiaal vir verdere ontwikkeling.
Buite geriewe sluit in ‘n braai-area, JoJo tenks en ‘n boorgat wat aandag benodig.
Parkering word voorsien deur 2 motorhuise en 2 motorafdakke, terwyl ‘n stoorkamer en afdak ekstra stoor- en werkspasie bied.
Hierdie eiendom bied ‘n uitstekende geleentheid vir kopers wat op soek is na ruimte, gerief en die potensiaal om waarde toe te voeg.
Listed for sale at R1,150,000
Burgersdorp Central offers a tranquil, small-town living experience with access to essential amenities and a strong sense of community, making it ideal for those seeking a peaceful residential environment.
* Distances and amenities are approximate.