Farm for sale
Leef selfonderhoudend op produktiewe Karoo-vlakte ±70 km noord van Prieska, met son- en windpompe, jakkalsbestande omheining, skaaphanteringskrale en 'n tweeslaapkamer-arbeidershuis.
Hierdie plaas is oor ’n klompie jare opgebou en bitter goed bestuur, soos net ’n stoetboer kan.
Ligging: ±70 km Noord van Prieska
Grensdrade is jakkalsproef omhein (3 kante) en een grens met 12 drade, asook totaal elektries omhein met sonkrag Energizers.
Watervoorsiening :
-2 sonpompe
-2 windpompe
Weiding:
-Gemengde sagteveld wat insluit-: kortbeen/langbeen boesmansgrasse, karoobos, gannas en pionierstipes grasse
-Min 3 doringbos kom voor
Kampe:
-7 groot kampe en 1 kleiner een by ingang/arbeidershuis
-2 sementdamme met voerringe asook 6 x 5000 liter Jojo tenks vir watervoorsiening vir 12 krippe
-3 x Skaaphanteringskrale spesifiek geposisioneer vir funksionaliteit en gerief.
-Die kampdrade is in 'n bo-gemiddelde toestand en een van die plaas se beste eienskappe is die feit dat daar geen Presopisbome is nie - wat oor tyd en heeljaar bestry word.
Geen Eskomkrag
1 Arbeidershuis
1 Stoor/voerkamer
Drakrag is 1:36 GVE of 1:5 KVE
Dis ’n baie gerieflike boerplaas met goeie toegangspaaie.
Eienaar is BTW geregistreer en die plaas word uit die Trust verkoop.
Bonus:
50 Witkopdorper ooie is ingesluit in die koop vir ’n lopende saak.
Listed for sale at R5,000,000
Prieska Rural offers an arid yet highly productive agricultural landscape renowned for extensive livestock farming and lucrative Orange River irrigation potential, making it exceptionally attractive for resilient farmers and investors.