Farm for sale
Farm for sale in Barkly West
Leef die grootskaalse boerderylewe in Barkly-Wes met 54 ha besproeiingsregte en Agrico-spilpunte, wildwerende omheining, vier slaapkamers en drie badkamers op 3000 ha.
3000HA Vee-, Wild- en Besproeiingsplaas te koop in die Barkly-Wes distrik
Hierdie 3000HA plaas bied uitstekende geleenthede vir bees-, skaap- en wildboerdery, met waardevolle besproeiingsregte en goeie infrastruktuur.Die plaas bestaan uit 3 titelaktes en dit kan apart gekoop word.
Die plaas bestaan uit 14 weidingskampe met 4x kanaal-veesuipings. Die kampdrade benodig gedeeltelik aandag. Daar is 54HA Vaalharts-waterregte wat 3x 2-toring Agrico spilpunte, 1x 4 Toring - 24ha, 1x 3 Toring - 14ha voorsien. Die plaas is wildwerend omhein.
Water word voorsien deur 4 boorgate, waarvan 1x met 'n sonpomp, 1x met 'n windpomp en 1x met 'n dompelpomp toegerus is. Verder is daar 2x gronddamme, waarvan 1 met 'n 37 KVA WSD-motor toegerus is.
Verbeteringe sluit in:
* Woonhuis met 4 slaapkamers
* 3 badkamers
* Groot leef- en sitkamerarea
* Kombuis
Buitegeboue en infrastruktuur:
* Slaghuis
* Stoor
* 2x koelkamers, waarvan 1 'n kompressor het
* 7x werkershuise, waarvan 3 in goeie toestand is (geen elektrisiteit)
* Bees drukgange en laaibanke
* 3x krale vir skape en beeste
* 2x Eskom-punte van 50 KVA elk
* Kampterrein met ablusieblokke
Hierdie veelsydige plaas kombineer uitstekende weiding, besproeiingspotensiaal, wildfasiliteite en omvattende infrastruktuur, wat dit 'n uitstekende geleentheid maak vir 'n gevestigde landbou-onderneming of uitbreiding van 'n bestaande boerdery.
Ownership costs
Property history
Listed for sale at R27,000,000
