Leef landelike boerderylewe net oos van Ladybrand met ryk weiding, drie boorgate en reservoirs, 6-slaapkamer hoofhuis en groot 1000 m² stoor.
110 ha hoë potensiaal diep Avolon gronde
50 ha oulande kan weer omgeskakel word
320 ha gemengde veld (soet en suurveld)
->Totale grootte van 485 ha
Hierdie gemengde boerdery-eenheid bestaan uit twee aangrensende plase minder as 10 km oos van Ladybrand wat as eenheid funksioneer. Die plaas is maklik bereikbaar via grondpad wat in aanvaarbare toestand is. Die grond self het 'n meestal plat topografie met 'n sagte helling van noord na suid, en die gebied ontvang 'n gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 650-700 mm.
Huidige gewasverbouing sluit in sojas,mielies of sonneblom( tans sojas) .Oes is nie ingesluit nie.
Hier word met Bonsmara beeste geboer en 80 koeie is ingesluit in die koop (in verskillende stadium van produksie). Baie netjiese en sterk veehanteringsgeriewe maak veeboerdery hier 'n plesier!
Die natuurlike weiding op die plase bestaan hoofsaaklik uit gemengde soetgrasspesies, met 'n geskatte dravermoë van 4-5 hektaar per GVE (grootvee-eenheid). Die veld is reg deur die jaar in 'n goeie toestand agv die goeie reënval streek waarin die plaas geleë is, wat 'n lewensvatbare weidingsopsie vir vee bied.
Die eiendom is geleë tussen ander bona fide boerdery-eenhede, wat hoofsaaklik vir natuurlike weiding en gewasproduksie gebruik word. Met drie boorgate, verwante damme en reservoirs, wat 'n konstante toevoer van water aan alle kampe verseker. Die eiendom is verdeel in 11 kampe, elk toegerus met voldoende veesuipings en die heinings is in 'n goeie toestand.Die grensheinings is met 3 elektriese drade bykomend omhein om vee binne die plaas te hou, wat 'n groot pluspunt is.
Wat verbeterings betref, beskik die eiendom oor drie wonings. Die hoofwoning is 'n dubbelverdieping, 6-slaapkamer huis, baie ruim en netjies. Daar is 'n woonstel, 'n voormalige melkstal, 'n werkswinkel en 'n groot stoor met 'n oppervlakte van ongeveer 1000 m2, sementvloer en is toegebou. Die geboue is oor die algemeen in 'n goeie toestand en benodig slegs geringe onderhoud. Eskom 3-fase elektrisiteit is aan die eiendom gekoppel, met 'n enkele toevoerpunt wat die hele plaas bedien.
1 Landini trekker met 'n laaigraaf en los implemente is ingesluit by die koop, asook 'n 4-silinder kragopwekker.
Oor die algemeen is dit 'n gevestigde boerdery-eenheid wat 'n gebalanseerde kombinasie van weiding, water en infrastruktuur bied, wat dit geskik maak vir beide bees- en gewasproduksie.
* Monthly costs are estimates and should be confirmed with the agent.
Listed for sale at R15,000,000
The Ladybrand rural area offers a highly productive agricultural landscape characterized by fertile soil and reliable summer rainfall, making it an ideal region for mixed crop farming, livestock production, and high-value horticultural ventures.
* Distances and amenities are approximate.