Farm for sale
671.59 ha Veeboerdery met Goeie Water en Verbeterings naby Volksrust
Ervaar rustige plaaslewe naby Volksrust op 671,6 ha met uitgebreide weiding en betroubare waterbronne — twee boorgate (een met sonkragpomp) en 'n plaashuis met woonstel.
671.59 ha Veeboerdery met Goeie Water en Verbeterings naby Volksrust
Hierdie goed geleë plaas van 671.59 ha bied uitstekende geleenthede vir veeproduksie in die gewilde Volksrust-omgewing. Die plaas beskik oor ongeveer 50 ha oulandsgras, terwyl die balans uit natuurlike weiding bestaan, ideaal vir ekstensiewe beweiding.
Die verbeterings sluit 'n ruim plaashuis met woonstel in wat tans bewoon word, asook blou ysterklipskure en goed ontwikkelde beeskrale.
Water is 'n groot pluspunt op die eiendom. Fonteine voorsien die huis van water, terwyl twee boorgate voldoende water vir vee verseker. Een boorgat is toegerus met 'n sonkragpomp vir veesuipings en die tweede boorgat maak gebruik van Eskom-krag.
'n Praktiese, funksionele plaas met goeie infrastruktuur en betroubare waterbronne, geskik vir die ernstige beesboer of belegger.
Die aangresende plaas kan afsonderlik aangekoop word of saam met hierdie een vir 'n groter boerderyeenheid.
Prys: R10 500 000 (BTW indien van toepassing).
Additional features
Ownership costs
Property history
Listed for sale at R10,500,000
