R3,600,000
6 Bedroom House in Kleinmond Central
House For Sale In Kleinmond Central

Gelee in die seelane, naby die populere hawe-restaurante en interessante inloopwinkeltjies, wag die woning om deur 'n geskikte koper opgeraap te word.

Dit kan nie beskryf word as ‘n alledaagse 6 slaapkamer en-suite woonhuis nie, maar eerder as ‘n losieshuis bestaande uit ‘n eenslaapkamer(en-suite), tweeslaapkamer(en-suite) asook ‘n bachelor woonstel en dan die woonhuis self op die boonste vloer bestaande uit tweeslaapkamers(en-suite), oopplan moderne kombuis/sit-eetkamer asook ‘n groot braai/tv-kamer wat uitloop op ‘n groot stoep met pragtige uitsigte na die berge.

Vir die gaste of loseerders is daar nog die verdere gerief van ‘n braai onder asook ‘n netjiese en veilige swembad. ‘n Dubbel garage asook voldoende parkering buite, rond die prentjie van hierdie 430 vk m woning af. Daar is terloops ‘n groot tekort aan akkommodasie en verblyf in Kleinmond.

Besigtiging kan te enige tyd gereel word en ‘n billike aanbod sal altyd gunstige oorweging geniet.

Property Type
House
Bedrooms
6
Bathrooms
6
Stand Size
595m²
Building Size
430m²
Pool
Yes
Garages
2
Contact Agent
or
Save
share this property
property listed on 25 Jun 2018