R4,280,000
3 Bedroom House in Klein Berlyn
Western Cape > Kleinmond > Klein Berlyn > #ENT0096005
House For Sale In Klein Berlyn

STEWIGE WOONHUIS MET ONBELEMMERDE NATUUR- BERG- EN SEEUITSIGTE:

Aangrensend tot die natuur met ‘n 180 grade uitsig oor die berge en see, staan ‘n stewig geboude woning wat wag om deur die regte koper opgeraap te word.

Alles in die woning getuig van goeie smaak en deeglike beplanning. Uiteraard kom kwaliteit bouwerk en die benutting van duursame materiaal en toerusting teen ‘n prys. In die geval word dit versag vanwee die lewenslange genot van onbelemmerde uitsigte op die natuurskoon - wat vanuit verskillede woonvertrekke met hul groot vensters, besigtig, waargeneem en geniet kan word.

Al die vertrekke in die dubbelverdieping woning van 328 vk m is buitegewoon ruim. Dit sluit in die en-suite hoofslaapkamer met ‘n afsonderlike aantrekvertrek en ‘n tweede en-suite slaapkamer op die onderste vloer. Afsonderlik, maar tog aaneenlopende is die sit-eetkamer en kombuis – wat insluit ‘n waskamer en ‘n spens(‘n regte plaaskombuis) wat uitloop op die agterste leefstoep.

Die boonste vertrekke bestaan uit ‘n familiekamer wat op ‘n balkon uitloop, ‘n studeerhoek, ‘n en-suite gastekamer met ‘n “kitchenette”. Beide die leefvertrekke op die onderste en boonste vloer beskik oor ‘n kaggel. Voor die dubbel garage is daar parkering vir ‘n verdere 4 motors.

Die plaaslike Keller Williams agent is te enige tyd beskikbaar om die intrek-en bly-woning, per afspraak, aan belangstellende kopers te gaan wys EN/OF sit die wiele aan die rol met 'n goeie onderhandelbare aanbod!

Property Type
House
Bedrooms
3
Bathrooms
4
Stand Size
655m²
Building Size
328m²
Study
1
Garages
2
Rates & Taxes
R 480
Contact Agent
or
Save
share this property
property listed on 19 Jun 2018