R1,272,000

3 bedroom house for sale in Kanoneiland

Groot Potensiaal!! Huis Op Fritzrand, Kanoneiland Met Besigheidsgeleentheid.

Kanoneiland is ‘n ongelooflike boeregemeenskap! Naby Upington en Keimoes, rustig, veilig en met uitsigte oor wingerdlande en die rivier wat fenominaal is.

Hierdie 2893 m² eiendom het soveel potensiaal en is enige entrepeneur se droom. Behalwe vir die huis, is daar ‘n winkelgebou met ingeboude rakke en toonbanke, sowel as geriewe vir ‘n slaghuis met ‘n koelkamer en ‘n vrieskamer.

Die huis self bied 3 slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer groot ingeboude kaste en ‘n en-suite badkamer het. Die badkamer met stort, toilet en wasbak is kolosaal met nog ekstra ingeboude kaste. Die 2de en 3de slaapkamer is lekker ruim en al die kamers het ‘n dakwaaier. Die huis het ook ‘n waterkoeler. ‘n Aparte badkamer het ‘n bad, toilet en wasbak. Die kombuis is groot met baie ingeboude kaste. Die oopplan leefvertrek bestaan uit die eetkamer en TV kamer wat lei na ‘n onderdak kuierplek. Die kuierplek lei weer na ‘n baie ruim braaikamer met ‘n ingeboude braai en wasbak. Buite is nog 'n ingeboude braai en wasbak. Hierdie spasie is absoluut perfek vir onthaal liefhebbers!

Voel baie veilig met die ten volle omheinde erf en ‘n elektriese hek. Die huis het ‘n alarmstelsel, diefwering en veiligheidshekke.

Die tuin is ‘n lus vir die oog en baie goed in stand gehou. Die buitegeboue bestaan uit 2 toesluit motorhuise en ‘n stoorkamer. Daar is ook ‘n buitekamer en aparte badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet.

Gebruik hierdie geleentheid om in ‘n rustige omgewing te bly en selfs ‘n winkel en slaghuis te bestuur as jy so voel vir ‘n goeie inkomste.

Kontak my vandag nog!

Property Type
House
Bedrooms
3
Bathrooms
2
Stand Size
2,893m²
Living Area
3
Garages
2
Parking
3
Rates & Taxes
R2,000
Staff Rooms
Yes
Pets Allowed
Yes
Like this House? Based on the bond repayments Get pre-qualified
Contact Agent
or
Save
Email me similiar properties View similiar properties near this one
house listed on 12 Nov 2020