R7,230,000

Farm for sale in Brandvlei

BOESMANLAND PLAAS

FANTASTIESE INFRASTRUKTUUR

OMHEIN

HIerdie 6572 Ha plaas is gelee 35km Suid-Oos van Loeriesfontein, noord van Calvinia in die mooi hart van Boesmanland in die Noord Kaap.

Die enkel titelakte, omheinde plaas strek oor koppies en laagtes, heuwels en panne en bied die koper 'n verskeidenheid van plante en gewasse soos Boesmangras Koolganna, Beesganna, Driedoring en Bosdoring en Ysterdoring kenmerkend aan Boesmanland. Die plaas is opgedeel in kampe en met veedraad omhein met elektriese heining aan oos en wes grense.

'n Lieflike 1.2Ha Ganna-pan bring gemoedsrus en ekstra weiding gedurende die droe maande.

Die infrastruktuur is fantasies en gevestig en sluit die volgende in:

*4 Slaapkamer huis wat bestaan uit sitkamer, eetkamer, kombuis, twee badkamers en n lieflike stoep, sonkrag en 2 watertenks.

*Sonkrag

*Buitekamers

*Groot stoor en motorhuis.

*Twee arbediershuise

*5 krale

*Voerkamers

*Waterkrippe in al die kampe

Daar is meer as genoeg water op die plaas met 9 sterk boorgate met water wat geskik is vir huishoudelike gebruik. Daar is altesaam 8 damme, 1 gronddam (besproei 1ha Lusern), 5 sementdamme en 2 gatdamme.

1 5000L tenk

2 tenks vir die huis.

Skakel my vir meer inligting en om te besigtig!

Property Type
Farm
Stand Size
6,572ha
Like this Farm? Based on the bond repayments Get pre-qualified
Contact Agent
or
Save
Email me similiar properties View similiar properties near this one
farm listed on 31 May 2021