Small Holding for sale
Ontspan in 'n rustige kleinhoewe net 5 km wes van die N1, met twee huise en 'n grasdaklapa — ideaal vir landelike beleggingsleefstyl.
Kom kyk gerus na die baie mooi skoon en netjiese kleinhoewe van 4.28 ha met baie goeie waarde vir jou belegging.
Die hoewe bestaan uit 2 wonings - ruim en gerieflik, met alles waarna jy op soek is.
Een is 'n vierslaapkamer huis en die ander een 'n drieslaapkamer met al die geriewe waarna jy verlang.
Ekstras sluit in: grasdaklapa, swembad.
Hier is ook n eenslaapkamer woonstel.
2 180 m2 toegeboude store, een met 'n sementvloer vir hoenderproduksie en 1 vir algemene opberging en hantering.
Hiers 2 boorgate met lewerings van 20 kl/h en 40 kl/h, wat op sonkrag is.
5 kampies met drupbesproeiing om lammers mee af te rond (mengsel aangeplante weidings).
Varkhokke vir speenvarkgroei.
Beesdrukgang en kraal.
Die eiendom kan homself betaal met verhuring van verbeterings en met sy ligging wat ideaal is in 'n stil en veilige omgewing, 5 km Wes van die N1.
Kontak my gerus om teleurstelling te voorkom.
Listed for sale at R3,950,000
Price reduced by 9.0% to R3,595,000
Kellys View is a strategically located peri-urban agricultural area on the outskirts of Bloemfontein that offers excellent access to major regional markets and essential farming support services, characterized by a semi-arid climate suitable for intensive small-scale farming, livestock production, and tunnel cultivation.
* Distances and amenities are approximate.