Ervaar rustige Bo-Karoo-lewe op ’n 7 480 ha plaas met 800 ha wildskamp en historiese plaashuis, volop son- en windpompe en veehanteringsfasiliteite. 4 slaapkamers, 1 badkamer.
Grootte: 7480 ha
Hierdie besonderse mooi Karooplaas het ’n groot voordeel wat bestaan uit ongeveer 2000 ha leegteveld wat met die minimum reën uitloop in gannabos en soetgrasse, wat die plaas se drakrag verhoog.
Dit maak lam- en speentyd met die regte bestuur ’n plesier.
Genoegsame waterbronne uit sonpompe en windpompe en put/fontein wat die soetste water gee.
Weidings bestaande uit gemengde bossieveld en karoograsse, insluitend boesmansgrasse en pionierstipes.
Die versklilende topografie wat insluit; ranteveld, sandveld, hardeveld en leegteveld maak die plaas se weidings bo gemiddeld.
Wildskamp van 800 ha met Gemsbokke, springbok en koedoes.
Die plaas is 1 gedeelte elektries omhein en kan verder geneem word.
Historiese groot plaashuis met tonne geskiedenis (oregon vloere en deurkosyne).
Binneplaas - toegang uit 2 verskillende hoofpaaie.
Toe stoor en buitegeboue - veehanteringsfasilieteite (skaap en bees).
Voerkraal vir skaap - huidiglik word met Dorpers geboer.
Geen Eskom
Drakrag: 1:36 GVE of 1:6-7 KVE
Reënval: 150–200 mm per jaar
Kom ervaar die prentjiemooi Bo Karoo en vind jou vrede.
Listed for sale at R14,200,000
Price reduced by 0.2% to R14,175,000
Price reduced by 34.0% to R9,350,000
Prieska is a prime agricultural region characterized by semi-arid Karoo conditions, offering high-value irrigation potential along the Orange River and extensive grazing land, making it an ideal location for both intensive crop production and livestock farming.
* Distances and amenities are approximate.