The above map shows the approximate location in which the property is located
The marker on the map shows only the location in which the property is listed and NOT the property itself
Property Description
Die plaas, 4500 ha groot, het helfte leegte en helfte rante veld.
Dis opgedeel in 17 kampe, die grootste waarvan 500 ha. Drinkwater word ontgin uit 10 van die minstens 18 boorgate en aan 24 krippe gevoer met 4 wind- en 5 sonpompe. Daar is minstens twee addisionele, standhoudende, natuurlike waters.
Die plaas is langs sy buitegrens jakkalswerend omhein en die kampe is met veewerende heinings geskei, waarvan 8 km jakkalsdraad is en die plaas in drie dele verdeel vir gerief van ongedierte beheer.
Die gemiddelde reënval is 240 mm per jaar wat gedurende Maart tot Junie bo gemiddeld is
Daar is 5 store, 3 arbeidershuise, en die ruim, outydse styl, 11 vertrek woning het vier slaapkamers en twee badkamers. Lg is onlangs oorgedoen en die pragtige Oosterse Den plankvloere in ere herstel. Krag voorsiening aan die woning geskied dmv‘n sonkrag stelsel wat voldoende is vir normale huishoudelike gebruik. ‘n Lister engin met kragopwekker voorsien bystand krag.
Die plaas se ligging is 50 km vanaf Sutherland en teenaan ‘n bergreeks wat die atmosfeer baie goed komplimenteer.
‘n Plaasdam met bakmaat voldoende om die 16 ha lusern vir ‘n jaar met vloedbesproeiing te bedien, is geleë in ‘n rivier wat die plaas kruis. Die store bied ruimte om lusern vir minstens 3 jaar se voer voorraad op te berg.
Laasgenoemde feit verhoog die drakrag van 8 ha per teelooi met nagenoeg 50 %.
Property Features
| Property Type |
Farm |
|
Pool |
-- |
| Beds |
-- |
|
Staff Accomodation |
-- |
| Baths |
-- |
|
Living Areas |
-- |
| Garages |
-- |
|
Building Size |
-- m2 |
| Carports |
-- |
|
Stand Size |
-- m2 |
Property Costs